HomeKhulumaniIn the News /  Myburgh getuig teen makkers
Monday, 03 September 2012 15:09

Myburgh getuig teen makkers

Written by  Marlene Malan, www.rapport.co.za
Abraham Myburg Abraham Myburg Photo credit: www.rapport.co.za

This Article is in Afrikaans. It describes developments in the case of Abraham Myburgh (33) who was involved in the 1996 Worcester bombing by the AWB and  the efforts of Dr. Marjorie Jobson, National Director of the Khulumani Support Group to support reconciliation efforts between Myburgh and victims of the bombing. Read Google's English translation of the article here: http://goo.gl/1ncQA

’n Verregse wat deur bomaanvalle die dood van 24 mense veroorsaak het en om presidensiële kwytskelding aansoek gedoen het, het die afgelope week skuld erken op die moord van sy 25ste slagoffer.

Dit kom nadat die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock in ’n beëdigde verklaring beswaar gemaak het teen moontlike parool vir hom en van sy makkers.

Abraham “Koper” Myburgh (33), wat betrokke was by die plant van twee bomme in Worcester op Oukersdag in 1996, het die afgelope week in die streekhof in Port Elizabeth gesê hy besef, ná soveel jare in die gevangenis, sy “sienings, gedrag en ideologie was totaal en al verwronge”.

Hy het hier tereg gestaan op die moord op Sanet de Wet (41) wat hy in 1996 met ’n kussing help versmoor het.

Myburgh, wat in 1997 saam met Stefaans Coetzee (34), Nicolaas Clifford Barnard (56) en Johannes van der Westhuizen (64) lewenslank tronk toe gestuur is nadat vier mense in Worcester en 20 in bomontploffings in Johannesburg gesterf het, het sy aandeel erken aan die moord op De Wet, die vrou van een van sy AWB-vriende, Jan de Wet, op ’n plaas naby Patensie in September 1996.

Hy het nog tien jaar tronkstraf vir dié misdaad gekry.

Die name van Myburgh, Barnard en Van der Westhuizen verskyn op die lys van 149 aansoekers om presidensiële kwytskelding.

Myburgh het ’n pleitooreenkoms met die staat gesluit en gaan binnekort teen Barnard getuig wanneer dié ook op De Wet se moord tereg staan.

Dr. Marjorie Jobson, direkteur van die Khulumani-steungroep wat oortreders en slagoffers van misdade byeenbring, het aan Rapport gesê De Kock het in 2010 in ’n beëdigde verklaring beweer Myburgh, Barnard en Van der Westhuizen het in hul kwytskeldingsaansoeke gelieg.

Coetzee is reeds by Khulumani en Worcester-slagoffers betrokke in ’n omvattende program van die Worcesterse Hoop-en-Versoenings­beweging.

Ná De Kock se verklaring het Myburgh egter na vore gekom. Jobson het toe aan die paroolraad geskryf Myburgh het berou vir sy dade.

“Ek het mnr. Myburgh in September 2011 in die Pretoria-Sentraal-gevangenis besoek nadat ek met sy vrou, Irene, gepraat het. Hy het aan my die talle skriftelike versoeke aan owerhede gewys om die gesinne en afhanklikes van slagoffers van sy oortredings te ontmoet.

“Van dié wat geraak is, is die slagoffers van die Oukersdag-bomme.”

Jobson sê Myburgh het vier oorlewendes van dié voorval ontmoet. “Dis ’n proses wat ’n voorbeeld is van die genesing van ’n gemeenskap. Hy is bewus van die verskriklike gevolge van sy aanvalle op onskuldiges.”

Volgens Jobson was Myburgh in die Zonderwater-gevangenis leier van ’n landbouprojek wat groente vir die tronk en die gemeenskap voorsien het.

“Mnr. Myburgh is vasbeslote om sy kennis en vaardighede te gebruik om gemeenskappe wat onder geweld deurgeloop het, te ondersteun.”

Adv. Marius Stander het aan die hof gesê nadat Myburgh besluit het om skuld op De Wet se moord te erken, is die saak heropen en Myburgh gaan later teen Barnard getuig.

Volgens Jobson het Barnard tot dusver geen berou getoon of verskoning gevra nie.

Barnard se vrou, Lorraine, het aan Rapport gesê sy weet niks van haar man se tronk-omstandighede nadat hy om kwytskelding aansoek gedoen het nie.

“Ek wag al 18 jaar vir hom, maar ek weet nie waar hy nou is nie. Ek is in die duister. Ek weet net hy is ’n goeie mens.”

Read 917 times

Who's Online

We have 161 guests online

Subscribe to News Alerts

Online Donations

Donate:

Amount R

Khulumani Events

NEW BOOK ORDER ONLINE

Marikana Widows book cover
buynow-orange-4

WHO WE ARE

Who we are

WHAT WE KNOW

What we know

WHAT WE WANT

What we want

WHAT WE NEED

What we need

WHO WE BECOME

Who we become

Copyright © 2014. Khulumani Support Group Support Group.
Webmaster : pierreleroux.co.za
S5 Logo